STALLETJIES: NAVRAE
EN BESPREKINGS
Attie & Lettie Haasbroek
Tel: 022 931 2269 (na ure)
Sel: 083 557 5321 of 083 285 3936
E-Pos : ahaasbroek@omnia.co.za
ALGEMENE INLIGTING
Stalletjies word in twee kategorieë
geklassifiseer. Dié kategorieë is van toepassing
op beide kosstalletjies en nie-kosstalletjies.
Kategorie A
- "Professionele" stalletjies
- betaal huur vir standplaas
- alle wins in eie sak
- kry 2 toegangarmbande en 1 voertuigpermit - indien meer
verlang, koop teen normale prys
Die doel van hierdie stalletjies is
om die fees in te kleur, om dit vir die organiseerders moontlik
te maak om 'n "totale" fees aan te bied.
Kategorie B
- "gemeenskap-" en "geleentheid-" stalletjies
- betaal geen huur vir uitstalruimte
- betaal alle wins oor aan fees (na aftrekking van werklike
uitgawes soos voorraad, materiaal, gekontrakteerde werkers)
Die doel van hierdie stalletjies is
om vir die "gemeenskap van Christus" te werk en by
te dra tot projekte wat Sy werk ondersteun.
Verblyfreëlings kan by Muggie du Toit by Sel nr. 082 766 1288 getref word.
VOORWAARDES EN
REËLINGS
·
Die
sluitingsdatum vir stalletjie-aansoeke is 18 September 2010. Alle
huurgeld vir stalletjies moet ten volle betaal wees voor of op 18 September
2010. Geen gelde is terugbetaalbaar me
t die kanse
llering
van 'n stalletjie nie.
·
Die uitstaller is aktiwiteite en verkope word beperk slegs tot die standplaas van die
uitstaller. Die uitstaller se aktiwiteite mag ook nie inmeng met die bedrywighede van
die fees nie.
Elke
uitstaller is verantwoordelik vir sy eie tent, gazebo, tafels, stoele,
sambrele en elektriese verlengkoorde soos benodig. Slegs kragopwekkers met lae
geraasvlakke sal toegelaat word. Die organiseerders verskaf slegs 'n afgebakende
staanplek. Die plasing van die stalletjies sal deur die organiseerders gedoen word
en is finaal. Elke stalletjie sal slegs van elektriese lig voorsien word en enige
ander elektrisiteits-behoeftes moet duidelik op die aansoekvorm gespesifiseer word.
Die organiseerders sal u kontak om te bevestig of daar wel aan u versoek voldoen kan word.
·
‘n
'n Standaard stalletjie van 5m x 5m word aan elke uitstaller
toegeken deur die organiseerders. Indien die uitstaller ‘n
groter uitstalruimte benodig
,
moet dit op die aansoekvorm
gespesifiseer word.
·
Die koste van ‘n standaard stalletjie (5m x 5m) is R 450 vir die duur van die naweek.
Indien ‘n groter uitstalruimte benodig word, is die addisionele koste R25/vm. Hierdie
behoeftes moet duidelik op die aansoekvorm gespesifiseer wees;
·
Terrein vir oprig van stalletjie beskikbaar vanaf Vrydag, 8 Oktober 2010. Alle stalletjies
moet reeds teen Vrydag 15:00 opgerig wees sodat elektrisiteit verskaf kan word en die
organiseerders die terrein kan inspekteer voor die aanvang van die fees. Indien u voor
die afsluiting van die fees op die Sondag moet vertrek moet dit Saterdagaand na afloop
van die program wees of voor die aanvang van die program op Sondag.
·
Alle stalletjies moet oop bly op die volgende tye:
Vrydag: 18:00 - 21:30
Saterdag: 09:00 - 21:30
Sondag: Stalletjies mag nie tydens die nagmaal oop wees nie, maar wel voor
en na die tyd.
·
Niemand sal toegang tot die terrein verkry sonder 'n toegangspermit nie. Toegangspermitte
kan vooraf afgehaal word by die organiseerder of by die toegangshek gekoop word.
·
Geen
Geen handelaar mag sy/haar stalletjie so oprig dat dit 'n gevaar inhou of iemand kan beseer nie.
·
Geen handelaar of sy/haar personeel mag oornag op die
stalletjieperseel nie. 24h sekuriteit word verskaf.
·
Vure
mag slegs gemaak word op plekke soos deur die organiseerders
aangedui. Vure mag slegs gemaak word op plekke soos deur die organiseerders aangedui.
·
Die handelaar is verantwoordelik om die stalletjie en die area
rondom die stalletjie netjies te hou. Vullis en afval wat
deur
die
stalletjie genereer word, moet daagliks verwyder word.
·
Voertuie mag slegs op aangewese parkeerareas vir stalletjie-eienaars geparkeer word.
·
Alle voertuie moet voor die program in aanvang neem, verwyder word.
·
Daar word slegs een voertuig per stalletjie toegelaat.
·
Geen drank- of bierverkope word toegelaat nie
·
Die organiseerders behou die reg voor om produkte wat teenstrydig is met die gees en bedoeling
van die fees te verbied.
·
Geen huurder sal die alleenreg om 'n produk
aan te bied, verkry nie.
·
Elke stalletjie moet ten minste een werkbare brandblusser te alle tye beskikbaar hê.
·
Die stalletjies mag nie afgebreek word alvorens die elektriese kabel vir ligverskaffing
deur die organiseerders verwyder is nie.
·
Die stalletjies moet tydens die Nagmaaldiens op Sondag gesluit wees.
ALGEMEEN &
VRYWARING
·
Die huurder gebruik die perseel op eie risiko en vrywaar die organiseerders, sowel as
die Hoërskool Porterville van enige aanspreeklikheid ten opsigte van enige besering,
dood, skade of verlies van welke aard ook al.
·
Reg van toegang word voorbehou, sowel as die reg van summiere uitsetting, sonder
terugbetaling van enige gelde, hetsy weens wangedrag of die versuim om feesvoorwaardes
na te kom.
BETALING VAN
GELDE
Betaling kan per direkte oorplasing of deposito in die volgende
rekening gemaak word :
Rekening naam: Christusfees
Bank: ABSA, Porterville
Rekeningnommer: 4065534333
Takkode: 334-407
Verwysingsnommer: Huurder (sien Aansoekvorm)
Belangrik: Faks asseblief u depositostrokie
na 086 639 8190
AANSOEK
Laai aansoekvorm af.
Laai reëls af.
Of kontak vir Lettie Haasbroek by 083 285 3936