Terug na Pers

Persverklaring #02

christusfees

340 woorde

embargo: geen

 

PORTERVILLE CHRISTUSFEES 2008

 

Die Christusfees is ‘n gemeenskapsfees met ‘n verskil.  ‘n Fees om te wys dis lekker om ‘n Christen te wees.  Die fees word vanjaar vir die derde maal op Porterville aangebied vanaf 10 – 12 Oktober 2008 by die sportgronde van Hoërskool Porterville

 

Dit word aangebied onder die beskerming van die NG Kerk Porterville terwyl die organiseerders verskillende groepe binne die plaaslike gemeenskap verteenwoordig.  Die Christusfees bied drie dae van topgehalte musiek, talle kos- en droë stalletjies,  ‘n karavaankamp op die terrein asook talle ander gerieflike gastehuise in die omgewing. (sien webtuiste www.christusfees.co.za vir alle inligting).  Vanjaar bied ons ook ‘n jeugfees saam met die Christusfees aan – fees binne ‘n fees!!  Die geestelike leier van die Jeugfees is Wian Vos en groepbesprekings is welkom.  Dit beloof om ‘n groot ondervinding vir elkeen te wees.  Volgende jaar DV gaan Angus Buchan ook deel van die Christusfees op Porterville uitmaak.

 

Die groot bonus is dat alles aangebied word in die wonderlike plattelandse rustigheid van Porterville, slegs 150 km noord vanaf Kaapstad.  Kom geniet ‘n heerlike naweek in ‘n pragtige omgewing met ‘n propvol program vir almal!  Bring sonsambrele en kampstoele!  

 

Program:

Vrydag, 10 Oktober 11:00 – 13:00  Skoleprogram met Jan de Wet en Wian Vos

Program begin 18:00  Ivan Swiegelaar; Alan Ladd; Lisbé Visser; Jan de Wet; Piet Smit; Neil Büchner

 

Saterdag, 11 Oktober  06:30  Draf/stap vir Bybels;  09:00 – 11:00  Ontbyt met Prof Daniël Louw as spreker

Program begin 11:00  Seremoniemeester:  Leon Ferreira;  VGK koor Porterville;  Wian Vos; Braam Theron;

 Eliz-Mari le Roux; Christine Magon; Lizette Janse van Rensburg; Rochelle Liedemann; Innes Benade; Oom

 Karoolus en Lente; Jan de Wet; Wanda de Kock Bam; Imagine; Ronelle Erasmus; Louis Brittz

 

Sondag, 12 Oktober 10:00  Bediening en Massanagmaal met Imagine

 

Die toegangsgelde bly natuurlik vir die 3de agtereenvolgende jaar dieselfde:

Volwassenes:           Vrydag R50;  Saterdag R80  [Naweekpakket R100]

Leerders:                   Vrydag R30;  Saterdag R50  [Naweekpakket R60]

Jeugfees:                  Vrydag tot Sondag R200

Ontbyt:                       R70 per persoon

Sondag:                     GRATIS vir almal

Kaartjies & Verblyf:  Muggie du Toit [0827661288]  evertdutoit@absamail.co.za

 

Algemene navrae:   Willie Opperman [0828371140]  navrae@christusfees.co.za

 

Webwerf:       www.christusfees.co.za

 

---

 

end

Uitgereik deur:

Alet Kriel

Christusfees 2008: Bemarking

Sel: 083 5646909

Epos:  admin@porterhs.co.za

 


Laas bygewerk op 2008/08/06
© 2008 Christusfees