AGTERGROND
Die Porterville Christusfees is 'n gemeenskapsfees
met 'n verskil. 'n Fees om te wys dis lekker om 'n Christen te
wees en lekker om dinge saam te doen. Ons gaan vir 'n hele naweek
lank na goeie musiek uit die boonste rakke luister, saam kuier
tussen dosyne kos- en ander stalletjies, gesels en sommer net
die lewe op 'n sober en verantwoordelike manier geniet.
DATUM EN TERREIN
Vanjaar is die vierde jaar wat die fees aangebied word. Die
datums is Vrydag 8 Oktober tot Sondag 10 Oktober 2010 op die
gronde van die Hoërskool Porterville. Sien terreinkaart
vir feesuitleg.
ORGANISEERDERS
Die fees word aangebied onder die beskerming van die NG Kerk
Porterville terwyl die organiseerders verskillende groepe binne
die plaaslike gemeenskap verteenwoordig.
ALGEMENE NAVRAE
Willie Opperman
Sel: 083 650 1640
Faks: 022 931 3920
Epos: willie.o@agrizone.co.za
OMVANG VAN FEES
Die fees bied drie dae van topgehalte musiek (sien Program),
talle kos- en droë stalletjies (sien Stalletjies),
'n karavaankamp
op die terrein asook talle ander gerieflike gastehuise (sien
Verblyf).
En die bonus? Alles word aangebied in die wonderlike plattelandse
rustigheid van Porterville, slegs 150 km noord van Kaapstad
se middestad.
GESINSTENTE
Die organiseerders bied besighede
en individue die unieke geleentheid om vir kliënte of vriende
'n privaat ruimte met voorkeur behandeling by die fees te bespreek.
Deur 'n gesinstent by die fees te huur kan u gaste of vriende stylvol
ontvang terwyl u saam die fees geniet. Lees
meer
ONTBYT
'n Ontbyt word in samewerking met 'n gaskunstenaar Saterdagoggend
aangebied. Vir meer inligting kontak Anita Odendaal (022 931
2675) of Stoffel du Plessis (083 640 3046).