GESINSTENTE
NAVRAE
Johan de Lange Sel: 083 286 2507
Ludwig Behm Sel: 083 283 5429
ALGEMENE INLIGTING
Die organiseerders bied nou aan u die geleentheid om saam met u vriende ‘n
privaat ruimte met voorkeur behandeling by die fees te bespreek. Deur ‘n stoel/sitplek
by die fees te huur kan u saam met u vriende die fees geniet.
Vir
slegs R250 per persoon kry u:
·
Een van ‘n klein aantal tafels wat uitkyk op die verhoog
(sien Terreinplan).
Die tafel kan 6 persone per dag akkommodeer.
·
Spesiale nie-oordraagbare toegangspermitte vir elke dag.
·
Tafels, stoele, braaidrom en hout word deur die organiseerders voorsien. U sorg net vir u
eie eetgoed.
·
U is welkom om u eie vleis saam te bring en te braai of u kan die voedselstalletjies op die
terrein ondersteun.
·
U kry parkering op die terrein.
·
Moontlike besoeke van die kunstenaars aan die tente (word individueel onderhandel).
·
Druiwesap sal voorsien word.
VOORWAARDES
·
Tafels sal toegeken word volgens die goeie oordeel van die Organiseerders op ‘n
“first come, first serve” basis nadat bewys van betaling ontvang is.
Aangesien hierdie ‘n eksklusiewe aanbod is, is daar slegs ‘n klein aantal tafels beskikbaar.
Bespreek dus vroegtydig.
·
Die fees is ‘n “droë fees” in die sin dat geen drank by die feesterrein ingebring mag
of verkoop sal word nie.
·
Dit is die verantwoordelikheid van die gasheer om goeie orde en gedrag by sy tafel te handhaaf.
·
Versuim om gehoor te gee aan goeie orde en gedrag sal lei tot streng optrede deur die
Organiseerders, wat verwydering vanaf die terrein kan insluit.
·
Die Organiseerders aanvaar geen verantwoordelikheid vir kopieregskendings of die
nie-handhawing van konsessieregte tussen tafels nie.
ALGEMEEN & VRYWARING
·
U gebruik die huurperseel op eie risiko en vrywaar die Organiseerders, sowel as die
Hoërskool Porterville van enige aanspreeklikheid ten opsigte van enige besering, dood,
skade of verlies van welke aard.
·
Reg van toegang word voorbehou, sowel as die reg van summiere uitsetting, sonder
terugbetaling van enige gelde, weens wangedrag of die nie–nakoming van die voorwaardes.
BETALING VAN GELDE
Betaling kan per direkte oorplasing of deposito in die volgende rekening gemaak word :
Rekening naam: Christusfees
Bank: ABSA, Porterville
Rekening nommer: 4065534333
Takkode: 334-407
Belangrik:
Faks asseblief u depositostrokie na 022 931 3920